Jongboer van die Jaar 2026

Agri Mpumalanga (AgriMP) wens Anton Pelser van harte geluk met sy aanwysing as Mpumalanga se Provinsiale Jongboer van die Jaar 2026.

Anton, wat op Broodsnyersplaas in die Hendrina-distrik boer, is tydens die AgriMP Kongres op 29 Mei 2026 met dié gesogte toekenning vereer. Sy passie vir landbou, innoverende benadering tot boerdery en toewyding aan volhoubare produksie het hom as ‘n uitstaande jong leier in die landbousektor onderskei.

Die Jongboer van die Jaar-kompetisie erken jong produsente wat uitnemendheid, entrepreneurskap en leierskap in Suid-Afrikaanse landbou uitleef. As provinsiale wenner sal Anton Mpumalanga by die Nasionale AgriSA/Toyota SA Jongboer van die Jaar-kompetisie verteenwoordig.

AgriMP bedank graag Toyota Suid Afrika en Santam vir hul volgehoue ondersteuning van die Jongboer van die Jaar-program en hul belegging in die ontwikkeling van die volgende geslag landbouleiers.

AgriMP wens Anton alle voorspoed toe met die nasionale kompetisie.