Op 14 Maart 2024 het boere en besighede saamgekom by Zonnebloem Boerdery vir die Middelburg Gewasdag, ‘n uiters belangrike geleentheid in die landbougemeenskap van Mpumalanga. Hierdie geleentheid was nie net ‘n platform vir kennisdeling en nuwe ontwikkelinge in die landboubedryf nie, maar ook ‘n herinnering aan die belangrike rol wat menslike verbindings speel in ons persoonlike lewens en in die landbou sektor self.
Een van die hoogtepunte van die dag was die inspirerende spreker, Lynette Beer, wat die aandag van die gehoor vasgevang het met ‘n boodskap wat veel dieper gegaan het as slegs landboukwessies. Lynette het die uniekheid van mense beklemtoon deur te benadruk dat hulle nie implemente is nie, en moedig mense aan om ander en hulself te verstaan as ‘n sleutel tot vervulling in die lewe. Dit vereis ‘n bewustheid van jou eie identiteit en selfliefde om ‘n ware verbinding met ander te kan vorm.
In die konteks van die landbou, is hierdie boodskap van onskatbare waarde. Boere staar dikwels verskeie uitdagings in die gesig, van klimaatsverandering tot ekonomiese druk. Maar deur ‘n gemeenskap te skep waarin elke lid waardeer word vir hul uniekheid en bydraes, kan die landboubedryf floreer te midde van die uitdagings.
Met hierdie Gewasdag, kyk ons vorentoe na ‘n pad waar die landboubedryf elke dag versterk en verbeter word.
Vir meer inligting kliek hier: https://www.facebook.com/reel/2778977835589305