Ons is trots om die twee Jongboer van die Jaar finaliste aan te kondig: Kobus Pieters van Kiepersol Boerevereniging en Tommie Steele van Leeuklip Boerevereniging. Baie geluk en sterkte met die kompetisie vorentoe!
Spesiale dank aan:
– Santam Agri en Toyota SA vir die finansiële bydrae tot ons provinsiale kompetisie.
– Ermelo Toyota vir die voertuig wat beskikbaar gestel is vir die besoeke aan die finaliste.
– Ons beoordeelaars: Stoffel Coetzer, Johann Weber, en Ben Greyling.
Die wenner van ons Mpumalanga Jongboer van die Jaar, sal tydens ons jaarlikse Kongres aangekondig word op 23 Mei 2024.

