Chrissiesmeer Boeredag

Dit was ‘n besonderse insiggewende dag met proewe, sprekers, uitstallers en vele meer.  Die gasspreker, Prof Ferdi Meyer van BFAP, het sake rakende die wêreld ekonomie wat onderdruk is aangeraak, maar ook uitgewys hoe die landbousektor vinnig aanpas by omstandighede. Prof Meyer is van mening dat uitvoere die resep vir suksesverhale van die landbousektor is, en die kommoditeite wat beste vaar met uitvoere is:

– Sitrus

– Mielies

– Vrugte

– Suiker

Elke geleentheid waar boere saamstaan vir ‘n toename in kennis dra dit by tot die toekoms van die landbousektor.